as ek maar ‘n voëltjie was
kon ek dalk vlieg –
as my vere nie geknip is.
nou is ek ‘n mens,
sielsongelukkig in my eie kou.

was ek maar ‘n arend
wat op lugstrome kon sweef
nou is ek eenvoudig mens
vasgeklamp

as ek maar kon vlug –
deure vasketting
vensters toespyker,
sou ek dalk kon asemhaal
maar nou is ek eenvoudig mens
met geen eie lewe

net
‘n mens

Author

Susann is a travel, parenting, beauty and lifestyle blogger in Johannesburg, South Africa.

Write A Comment