My liefste ma
ek huil uiteindelik
vir ‘n klein mens
het jy ‘n groot spasie gelaat
Ek het gehoop jy kom weer uit
raas met my
want ek het jou graf klaar bespreek
Ons het jou omring
dag na dag
jou vertel van draai buite
Ons was langs jou
in die laaste ure
mekaar regop gehou
sodat ons een laastekeer
iets vir jou kon doen
My liefste ma
ek is dankbaar vir elke oomblik
jy het te vroeg gegaan
maar ons met soveel gelos
My liefste ma
Ek hoop ons ontmoet eendag weer