Category

Gedigte

Category

maar die selfsug pas jou goed!
jy los my nie dat ek kan vervaag

nes ek watte om my hart drapeer,
kom jy weer
verrinneweer my klein hartjie seer

jy vang my lippe
druk my hart
en stamp my ru weg

ek weet jy het ook êrens seer
maar deel met my ook die donker hel
ek was ook daardeur

My liefste ma
ek huil uiteindelik
vir ‘n klein mens
het jy ‘n groot spasie gelaat

Ek het gehoop jy kom weer uit
raas met my
want ek het jou graf klaar bespreek

Ons het jou omring
dag na dag
jou vertel van draai buite

Ons was langs jou
in die laaste ure
mekaar regop gehou
sodat ons een laastekeer
iets vir jou kon doen

My liefste ma
ek is dankbaar vir elke oomblik
jy het te vroeg gegaan
maar ons met soveel gelos

My liefste ma
Ek hoop ons ontmoet eendag weer

My ma’t gesê ek moet vir my ‘n boer soek
Maar ek het mos nie ore aan my kop
My ma’t gevra wat ek in die stad wil soek
Maar ek weet klaar beter
My ma’t gesê ek is nie normaal
Maar ek verstaan dit nie

My pa’t gesê ek moet stadiger ry
Maar ek kruip soos ‘n slak
My pa’t gesê ek moet die mans die deur wys
Maar dit weet ek mos
My pa’t gesê ek is soos ‘n malhaas
Maar ek verstaan dit nie

My sus’t gesê ek moet minder praat
Maar ek weet ek skryf meer
My sus’t gesê ek moet my kar skoner hou
Maar hoe gemaak as my skoen dan breek
My sus’t gesê ek moet nie soos ‘n krismisboom lyk
Maar toe sit ek nog toonringe aan

Ek myself het gesê ek moet doen wat ek kan
Maar net wanneer ek wil
Ek myself het gesê ek moet aantrek soos ek wil
Maar net as ek so voel
Ek myself het gesê ek moet minder kitskos eet
Maar net as iemand vir my kosmaak

Ek myself praat gans te veel
Maar gelukkig lees ek dit nie hier!

kinders in die see
speel almal mee
op en onder water
spoel soos jellievis
heen en wee

vroue in die see
skree oor golfie
oor hul toontjie
soos wit vlae
wapper in wind

manne in die see
speel ver
op en onder water
soos poue
wat wil pronk

TYD GLIP SO VINNIG VERBY
DEUR VINGERS ONGEMERK

SKIELIK TREF DIT
TE BESIG
TE BESIG OM DIE TYD VERBY TE WENS,
TE BESIG OM AGTER TE KOM
MIS DIE HELFTE VAN JONKWEES
TE BESIG OM TE PRESTEER
TE BESIG OM DEEL TE NEEM

TYD IS TE BESIG OM UIT TE LOOP

ek en jy
is ‘n spieëlbeeld van die tyd,
jy jonk en ek jonger

nes vinkel en koljander
die kind nes die ma

beskermd het ek in jou arms
baba, kleuter, tiener, jong volwassene geword
altyd het jy salf
vir skoolwerk, vriendskappe, hartsake
altyd ondersteun jy my
al is ek nie die beste

nes vinkel en koljander
die een’s lief vir die ander!

waterskildery geverf op my hande
berg met rooi-oranje lug
mense wat daarop loop
lang skadu’s agterna

tot die eerste druppel aan die kleure raak
als vloei deurmekaar soos dit in my lyk

verf op die vloer

verby, verby, verby verby
die son die pyn
die reën en vuur

verby, verby, verby verby
die dag die nag
die lag en smag

verby, verby, verby verby
die roos die wyn
die naald en asyn

verby, verby, verby verby
jy, is verby