Genoeg is genoeg, ek sal nie meer langs die kantlyn staan of stilbly nie. Ek is ‘n boer se dogter. My mense word op die wreedste maniere deur mede-Suid-Afrikaners vermoor. Hulle het ‘kill the boer, kill the farmer’ gesing, maar het nou ‘n nuwe liedjie by hul repertoire gevoeg wat die woorde “Burn the Farmer” bevat. Slegs vier dae nadat die lied buite ‘n hof gesing is in ‘n plattelandse dorpie met die naam Senekal, waar twee plaasmoordenaars vir borgtog aansoek doen, het hulle plase in die Vrystaatse provinsie aan die brand gesteek. Hulle dra rooi hemde en rooi barette en glo dat die gooi van klippe en geweld die antwoord is om wit Suid-Afrikaners the verdryf. Hulle sê voortdurend vir die blanke minderheid, die Afrikaners dat hulle setlaars is, besoekers is in ons eie land.
Die regering van Suid-Afrika het daarin misluk om plaasmoorde as ‘n ernstige misdaad te erken. Hierdie misdade is nie net op wit boere gerig nie, maar ook op plaaswerkers en swart boere. Dit is dieselfde regering wat nie korrupsie binne hul eie geledere kan beheer nie. Dit is dieselfde regering wat nie daarin slaag om misdadigers agter tralies te plaas nie; nie daarin kan slaag om teen GBV te staan nie; het die mense van Suid-Afrika op alle moontlike maniere gefaal.
Ek is moeg om elke oggend oor nog ‘n bloedige plaasmoord te lees. Ek is moeg om my te bekommer oor die mense vir wie ek lief is en wat op plase woon en werk. Ek is moeg daarvoor om ‘n setlaar te genoem te word en uitgekryt te word as ‘n besoeker in my eie land. Ek is moeg om te hoor ek moet teruggaan Europa toe. Ek is EFFing moeg. Ek sal nie meer stilbly nie.
Ek wil hê dat die wêreld moet weet dat my mense daagliks in my land vermoor word terwyl die regering te bang is om iets te doen, omdat hulle steun kan verloor.