Ek kan my soms doodlag vir party van my taalgenote. Dan, as ek klaar gelag het besef ek dat ek so Afrikaans is as wat kan kom juis omdat ek sulke goed nog kan geniet.

Kyk, die laaste tyd het ek baie snaakse Afrikaanse musiek-videos gesien… Die Jan Jan Jan video is dalk een van die beste in ‘n baie lang tyd. Daardie kort, kort, kortbroekies is ‘n ding wat net ‘n boer mee kan wegkom – en dis die waarheid!

Die twee tannies maak hierdie video selfs beter. Kyk en geniet!

Nog ‘n musiek-video wat rerig op my skerm beland het vir al die verkeerde redes is Biggy se Dames. Ek kan nie. Ek kan net nie – miskien is hy koeler as ek of miskien weet ek nie meer wat koel is nie. Dit grens amper aan “common” soos Die Antwoord, maar beter.

Author

Susann is a travel, parenting, beauty and lifestyle blogger in Johannesburg, South Africa.

Write A Comment