kyk na die hemel, geboue
kyk na die aarde, plaveisel
kyk na my hande, gevlek
kyk na my siel, dood
hoe kan ek op sterre wens waarvoor ek blind is
hoe kan ek natuur aanskou as dit versteen het
hoe kan ek liefkoos met lewelose hande
hoe kan ek ‘n sielmaat vind as ek geblus is