Dit was vroeg en die opgewondenheid was groot toe ons by die hekke uitry. Ons was oppad na ‘n dag buite in ‘n natuurreservaat wat ‘n eerste vir klein Lily is.

Om buite te wees is deel van ons DNA as Suid-Afrikaners en die laaste meer as 80 dae in grendeltyd was verskriklik!

Die gille van opgewondenheid het deur die kar getrek elkekeer as ons langs ‘n trop diere stop. Die hoogtepunt vir die kinders was die renosters en witleeus. Beide kinders het hul neusies plat teen die vensters gedruk om beter te kan sien. Lexa het haar tablet gebruik om foto’s van die renosters te neem.

Ons het 4 ure in die Rhino & Lion Nature Reserve net buite Krugersdorp spandeer. Die, was die hoogtepunt van vlak 3 sover…

Author

Susann is a travel, parenting, beauty and lifestyle blogger in Johannesburg, South Africa.

Write A Comment