Ek bui my knie vir die heer Tulbagh.
Sielsmarterling is al die musea
en kelders vol wyn,
maar De Oude Drostdyhof se poskaarte verskil
van die meubels in die vertrek!
Ek bui my knie vir die heer Tulbagh.
Sielsmarterling is al die musea
en kelders vol wyn,
maar De Oude Drostdyhof se poskaarte verskil
van die meubels in die vertrek!
‘n Duisend folios,
drie-duisend woorde
en
twee name,
– vier woorde –
en
een
geluk
Moederstad,
raas met jou kind
waarop die meeue sweef
en jou besoekers steier.
Is jou kind dan siek,
toegewoel in ‘n wit kombers?
Al daardie medisyne,
troos dit darem?
Jou badwater is sout
en jy’t te veel speelgoed daarin.
en die kasarm van ‘n kasteel,
dra jy dit met trots –
maar is dit nie swaar?
vandag, vanmore, vanaand
voel ek soos albatros
hoog
in stormlug
rondslinger-slinger
Lugstrome swiep
weg,
laat v e r w a r d.
skreiend –
ten hemele skreeu dit:
“Die onreg teen ‘n kind!”
rou leed
oor haar gesig gekrap
oë wat skreeu:
“Dis onreg teen ‘n kind!”
Vanaand
voel ek soos ‘n albatros
oor ‘n onstuimige see
hoog
in stormlug
rondslinger-slinger
Lugstrome swiep
weg,
laat v e r w a r d.
soos ‘n Modjajipalm troon sy majestueus.
‘n Bosreus.
‘n See van takke wat uitreik
‘n Hand vol liefde in elke aanraking of gebaar
– net vir jou!
soms lyk sy skurf en vol dorings,
maar binne, lewe sy, groei sy
– net vir jou!
anderkere word sy rondgeswaai in die wind,
maar sy is verdraagsaam
en bly staan.
Wanneer die son fel neerpyn,
is sy ‘n sonsambreel.
en as ‘n warm traan neerplof
vee sy teer oor ‘n sproetgesig
Soveel omgee is in haar
Dat sy ‘n lang lewe streef.
Deur dor of oorvloed jare
staan sy by ‘n jong Modjadji
einde van die maand.
inkopies by picknpay.coza / tuisaflewering
kliek-kliek
banksake by twenty20.coza / geen fisiese takke
kliek-kliek
sosiale kalender by IOL
kliek-kliek
gesels met vriende / kollega langsaan
kliek-kliek
einde van ‘n interaktiewe maand
kliek.
my naam is ek@mytafel.com
my vriende is gesiglose virtuele mense
met virtuele name
en ons kuier in virtuele kletskamers
ek, ek@mytafel.com
is een van die gesiglose skakels
in die wye netwerk
kraal vir kraal
ryg ek jou in
pynkrale, verlangekrale,
begeertekrale, hartskrale,
wens-ek-vergeetkrale
glip ‘n skeidingskraal tussenin,
ek-verlangkrale,
staak-om-my-te-belkrale
hierdie string kan ek net nie neersit!