Brief 1
Ok, sjoe!
Jy maak my bloos!
moet jou die naweek sien
dink meer aan jou
as aan werk – glad nie goed
wil jou graag in Jozi hê
maar is bang jy het verdraaide persepsie
is soveel minder sosiaal by huis
het 2 swakheid McDonalds en sjolade…
dan is daar die ander een,
mans met blonde hare blou oë
het nie komplikasies nodig!
wil net seker maak
dat niks halsoorkop met jou
wil nie net betrokke raak net omdat…
soek meer,
baie gevra
wil nou een ding doen waarvoor bangste is
– net een man in lewe hê.
Brief2
weet dit klink simpel,
maar het nog nie ophou dink aan jou
dink nie dis cool
wil heeltyd met jou praat
– oor enigiets,
solank ek net jou stem hoor!
Brief 3
hoop nie jy is een van daardie ouens
wat glo dat vrouens niks kan doen
is defintief nie hulpeloos kreatuur nie!!
hou nie van NEE ,
KAN enigiets doen
Brief 4
kan dit nie verduur
sal jou nie bel
moet van jou kant kom!
onsekerheid besig om my gek te dryf
moet weet!
wees eerder nou reguit
as wat ek seerkry
kan regtig nie so sit en wonder!
Brief 5
is so teleurgesteld!
het gedink jy hou van my,
wys net hoe verkeerd
kan myself skop
dat ek weer vir ou geval
jy is die laaste.
Brief 6
wind uitgeslaan
kan nie glo
jy het net nie opgedaag
kan dit nie glo
kon ek so verkeerd gewees?
wat is fout met jou?
niemand behoort so iets te doen
niemand.
man van êrens langs die pad
kan nie wegsteek dat
son nooit weer op die aarde val
en my soos nagtegal
serenade van geen verdriet
man van êrens langs die pad
kan wegsteek dat
my hart voor joue val
en my laat kattekoor van my verdriet
eenmaal, in ‘n ander leeftyd
was my lewe amper daar
maar een somersaand
is my tas vir my gepak
my huis se deur voor my gesluit
verdwaas het ek gesit en trane vee
met min nommers wat middersnag sou ontwaak
en vir my ‘n kussing sou kon gee
laat daardie donker nag
het iemand my
die dag daarna het my swerwe begin
vertoef ‘n dag of twee by elke huis wat oopgaan
dertig lange dae sonder vaste huis
in herfs het ek stil in my huis getrek
en my gebokste lewe uitgepak
om oor te begin
op my eie
met net wat nodig is
laat in die lente
het ek die eerste blomme raakgesien
en een saam huis toe gebring
maande later het die see finaal my skoongewas
en ek het belowe om als te laat gaan
nog ‘n blaar op die grond
verdroog in die son
dwarrel weg in die wind
stamp stukkend teen die muur
nog ‘n blaar op die hoop
brand in die vuur
verdwyn saam die wind
prent om te kleur
papier om te skeur
frommel my weg in ‘n hoek
maar my hart bly soek
prent om te kleur
papier om te skeur
bly skeur en skeur
en verkleur
papier geskeur
prent ontkleur
… as dit so stil is
voel dit asof ek op ‘n rots
in die middel van ‘n onstuimige see sit,
sout , eet my oë
en water, wil my meermin maak…
al wat my bo hou,
is vrees vir die ewigdurende stilte,
die donker isolasie
‘n pêrelskulp omboei my hart.
so, keer ek terug na vasteland.
vasteland wil nog troos
skulp wegwring,
maar ampervis is nie meer heelmens…
gril vir warm troos
swem eerder in donker poel
…as dit so stil word,
verlang ampervis om weer heelmens te wees!
wil die sprokie hê
maar glo nie in sprokies
maan en sterre
is net ‘n halwe sprokie,
ek, wil die hele sprokie hê!
al lyk ek soos Sneeuwitjie,
is ek eintlik Aspoestertjie –
sonder sprokie
ek wil die sprokie hê,
‘n gelukkige einde,
maar sprokies is sprokies
en die lewe, die werklikheid!
Dood tref die familie –
hartstilstand en stilte
swart kringe om die oë
grys kringe om die mond
somber kleure aan die hand
stil is sy stem
veraltyd
verdwaas maal almal saam om die oop donker gat
stadig sak die kis
in die pens van die aarde
om sy vonds tot stof
te laat terugkeer
jy’t laaie oopgetrek
wat ek gesluit het
nou los jy hulle weer oop
en weer leeg
Ek bui my knie vir die heer Tulbagh.
Sielsmarterling is al die musea
en kelders vol wyn,
maar De Oude Drostdyhof se poskaarte verskil
van die meubels in die vertrek!