ek en jy
is ‘n spieëlbeeld van die tyd,
jy jonk en ek jonger
nes vinkel en koljander
die kind nes die ma
beskermd het ek in jou arms
baba, kleuter, tiener, jong volwassene geword
altyd het jy salf
vir skoolwerk, vriendskappe, hartsake
altyd ondersteun jy my
al is ek nie die beste
nes vinkel en koljander
die een’s lief vir die ander!