Womanity

Wie voel dieselfde?

Optiphi, African Extracts Rooibos, BaoCare en Matsimela - my gunsteling produkte van 2018 kom saam in die nuwe jaar.
Pinterest LinkedIn Tumblr

Sug, dit voel asof ek jare laas geslaap het en asof my jare nou my begin inhaal. Ek weet dis nie veraltyd nie, net tot baba deurslaap, maar ek is moeg tot in my tone.

Die laaste paar weke was ‘n tuimeltrein/mallemeule. Lexa, ons kleuter, is terug skooltoe. Beide van ons het ook ons eie besighede so dis ‘n stryd om wakker te bly of selfs net die moed bymekaar te skraap om na ‘n vergadering te gaan en “aangeskakel” te lyk. Dis nie maklik nie, maar ons doen dit want dis waarvoor ons vir 6 jaar gewerk het.

Ek is ‘n dromer omdat ek ‘n realis is.

Onbekend

Ek grap graag dat ek “Wonder Woman” is, maar ek doen net wat gedoen moet word – soos enige ander persoon wat in my skoene is. Die prys van om alles te doen wys ongelukkig vining op een plek, my gesig. Ek het darem die voordeel van nuwe produkte wat ek kan toets en party beland op my tafel en ander koop ek.

Die beste produkte van 2018 is definitief Optiphi, African Extracts Rooibos en BaoCare wat aan verskillende spektrums staan maar wat beide baie goeie resultate gelewer het.

2019, wel, ek is terug by dowwe gelaatskleur, plooie en zits… Als omdat ek nie die produkte gebruik het wat ek geweet het werk en myself afgeskeep het. Ek is regtig kwaad vir myself.

Watter velsorgprodukte toets ek nou?

Optiphi – ek het ‘n heerlike serum van hulle ontvang om te probeer. Ek kan amper dit beskryf as ‘n baie ryk room wat in jou vel intrek en wat dan verder werk. Ek het dit nou al tweekeer gebruik. Oor ‘n week of so sal ek deel wat dit gedoen het vir my vel.

Optiphi Intense Retinol Serum

Ek het ook Matsimela se aalwyn-reeks gekoop wat ook ‘n steenkoolseep insluit. Dit is die volgende reeks op my lys om te toets. Dit is ‘n uiters bekostigbare reeks en wel, ek hoop dit werk.

Splinternuwe blog in Afrikaans – is dit nodig?

Ek het lank gewik en weeg of ek nog iets wil aanpak, maar die grootste rede vir die blog is dat dit vir my is. Ek wil meer in my eie taal skryf en met mense in my taal praat. Soms sal die artikels ‘n vertaling van my Goddess Blog artikels wees en soms gaan dit oorspronklik en net vir die blog wees.

Asseblief, deel my blog met jou vriendinne. Lag saam my, huil saam my en miskien leer jy iets nuuts!

Susann is a travel, parenting, beauty and lifestyle blogger in Johannesburg, South Africa.

Write A Comment