Category

Gedigte

Category

My Ierland
hoe verlang ek tog
na jou groen lappies grond
en rojale mense

My Ierland
hoe verlang ek tog
na jou slanke bene
bedek met halwe lower

My Ierland
hoe verlang ek tog
om jou gebarste vel te streel
te luister na jou penniefluitstories en groen sprokies

My Ierland
Hoe verlang ek tog!
My Ierland,
ek weet nie hoe lank nog.

Hoe kan jy my noem rassis
as al wat uit jou mond kom
vol gal en stories is?

Hoe kan jy wegkom met jou streke
want as dit ek was
was ek al agter tralies?

Hoe kan jy so los en vas praat
en mense so opsweep
dat hul ‘n man agter sy eie bakkie sleep?

Hoe kan jy nie ‘n rassis wees
as jy die vure hoog bly stook
met omgedraaide stories?

Hoe kan 2 wette geld
vir presies dieselfde
vir mense wat in die land woon?

groot bohaai oor bloubloediges
wat trou
mense wat staak eet
ander wat heeltyd daarvan praat
en dit net als om 2 mense
wat hul nie ken

om so bohaai oor bloubloediges
te maak,
rerig dis siek,
kry ‘n lewe

groot bohaai oor bloubloediges
wat trou
mense wat op straat gaan staan
met kameras
en trane wat rol
vir mense wat hul nie ken

om so bohaai oor bloubloediges
te maak,
rerig dis pateties,
kry ‘n lewe

Mens dink daar is so baie fout
met jou eie lewe
tot jy sien van kinders met outisme
en kanker in hul brein en bloed
en baie ander sulke slegte goed

Mens dink daar is so baie fout
met jou eie lewe
tot jy sien hoe ouers uitgemergel
na siek kinders kyk
probeer om nie op ‘n hoop te sit

Mens dink daar is so baie fout
met jou eie lewe
tot jy sien hoe oumense en kinders
met flenters bakhand vra vir kos
terwyl die regering blinkdik is

Mens dink daar is so baie fout
met jou eie lewe
tot jy sien hoe mooi jou huis vergelyk
met die plakkerskamp op die hoek
met oop vure en gebrande mure

Mens dink daar is so baie fout
met jou eie lewe
tot jy sien hoe bly die petroljoggie ‘n R5 vat
en vroom draf na die volgende blink kar
waarvan hy net kan droom

Stadsmense wat smag
vir rusplek by die see
uitgebuit deur kusinwoners
vir net ‘n dag of twee
se slaapplek by die see

Stadsmense wat vakansies ver ry
net om saam dieselfde mense
bietjie langs die see
vir net ‘n dag of twee
bietjie in die see te speel

Stadsmense koop
moeg vir uitbuiting
klein huisies by die see
om bietjie langs die see
vir net ‘n week of twee
uit te span in hul huisie by die see

Ek laat my nie voorsê
deur politikus of aktivis
Ek laat my nie slegsê
deur politikus, landgenoot of uitlander
Ek laat my nie bangmaak
deur grootprater of skelm

Ek weet wie ek is
en jy sal my nie vertel dat my mense
slegter as jy is
Ek weet wie my mense is
as jy na een slaan
dan staan ons weer saam

Ek laat my nie voorsê
deur politikus of aktivis
wat agtebaks sy eie sakke stop
sy eie mense in vuil gehuggies los
en vroom vuis in die lug
opsweperig weergalm

Ek is van Europese van afkoms
maar is nie rerig een
Ek is gemaak in Afrika
maar is nie soos roet
Ek is ‘n Suid Afrikaner
deel van ‘n mengelpot
maar meer belangrik nog
Ek, is ‘n Boer