blink waterpêrellyf
spoel uit
sit een skulp in lok
stap weg
fee
witsoutlyf
blink in son
word afgevryf
vlieg weg
druppels op die grond
val nimf/fee
vir nog ‘n sirkelrond
blink waterpêrellyf
spoel uit
sit een skulp in lok
stap weg
fee
witsoutlyf
blink in son
word afgevryf
vlieg weg
druppels op die grond
val nimf/fee
vir nog ‘n sirkelrond
neem my oogentong
los die klop van my hart
hoef nie te sien
om lief te raak
hoef nie te hoor
hoe daaroor gefluister
laat die klop van my hart
jou als vertel!
hard soos hout
in jul hart
jul wat ons so versplinter
klingelend laat val
sien ook wat ander sien
fraaie meisie van buite
– sy, is seker nooit alleen
sien ook wat ander nie sien
teruggetrokke vrou
– sy, is so alleen
Dis soos ‘n lied
Om te stap in groot Parys
Die Eiffel op te ry
met hysbakke waardeur jy ver kan sien
Prente van bo te neem
oor wit landskap
Te voel hoe yster tril
Die Louvre gevul tot barstens
Mona Lisa so mooi
met haar klein glimlagmond
als onvervangbaar wondermooi
In strate langs die Sein
staan smouse met oorlogstrommels
parysenaars sit in rye na jou gedraai
vergaap hul aan mengelmoestoerisgemaal
Jy dink jy weet alles,
want jy het dit mos gesien op TV,
tot jy daar staan, reg voor Stonehenge
en sien
dis groter
en veel meer
as wat jy ooit kon droom
Die stene staan hoër as jou huis
en is swaarder as jou kar
dis soos ‘n bullseye op ‘n groen tapyt
groot
Klipkolomme wat al om die son beweeg
speel met die skadus
mense laat wonder
oor wat hul daar maak
Die plek waar bloubloed nog regeer
waar kerke nog toeriste trek
en ‘n sambreel jou vergesel
waar ondergrondsetreine jou karwei
en mense suur lyk
dis Londen,
plek van Big Ben
en die Teems
Pas geland uit Afrika
met nuwe paspoort in die hand
klim ons op ‘n trein na Londen stad
Verkyk my aan die paleis, Oog van Londen
Vergryp my aan Starbucks
en tel my engelse ponde vir geskenke uit die vreemde
Die reën verbaas my
geen wonder die mense lyk so grys en suur
My eerste proe
van ‘n vasteland oorkant die see
Staan ek soos ‘n kind
En oopmond opkyk
na die staalkonstruksie
wat op-op-opstrek na die hemel
Tussen vier pilare wat wydsbeen staan
duisende stukke wat vashou
staan ek klein
Hysbakkabels wat kreun
en mense opvat na die boonste punt
koop ek my kaartjie in die skadu van die Eiffel
en wag my beurt om opgesleep te word
na waar die lug dun en die grond ver is
Ek hang so half, arm uitgestrek
en lê wit Parys vas
Ek blaas die aftog voor dit donker word
en sit onder en wag
vir die ligtespel
as jou siel hunker
na lande oor die see
jou voete brand
vir vreemde paaie
jou tong kwyl
vir iets nuuts
hoe kan jy nie jou tasse pak?
as jou siel hunker
om arms uitgestrek
mal koue lug te snuif
hoe kan jy nie jou tasse pak?
as jou voete brand
om als te sien
wil huppel na nog ‘n plek
hoe kan jy nie jou tasse pak?
as jou mond droog van lus
droom van ander taal
en vreemde kos
hoe kan jy nie jou tasse pak?
Eendag in die koue
daar op die plein in Moskou
wil ek klappertand kyk
na ‘n sprokieskerk
Een nag in die koue
daar in ou Moskou
wil ek verruk word
in die Bolshoi
Eendag in die koue
op die strate van Moskou
wil ek net sit en luister
na wat ek kan sien
Een nag in die koue
erens in ou Moskou
wil ek ook wegslaan saam vreemdtaliges
net een klein Vodka