my naam is ek@mytafel.com
my vriende is gesiglose virtuele mense
met virtuele name
en ons kuier in virtuele kletskamers
ek, ek@mytafel.com
is een van die gesiglose skakels
in die wye netwerk
my naam is ek@mytafel.com
my vriende is gesiglose virtuele mense
met virtuele name
en ons kuier in virtuele kletskamers
ek, ek@mytafel.com
is een van die gesiglose skakels
in die wye netwerk
kraal vir kraal
ryg ek jou in
pynkrale, verlangekrale,
begeertekrale, hartskrale,
wens-ek-vergeetkrale
glip ‘n skeidingskraal tussenin,
ek-verlangkrale,
staak-om-my-te-belkrale
hierdie string kan ek net nie neersit!
klein gode
in ons magtige tegnologiese koninkryk
heeldag met vingers en oë
vasgenael
in silikoonwêreldtjie
kommunikeer met medegode
deur druk van knoppie
gesigloos, gesigloos ken ons mekaar
klein gode
in ons oorvol tegnologiese koninkryk.
Dromerman
Jy’s die lig in die dag
Die kleur in die veld
Dromerman
Jy’s die lig in my nag
Die man op die maan
Dromerman
Jy’s die lied in my siel
Die galop van my hart
Dromerman
Jy’s die glinster in my oog
Die klingel in my lag
Dromerman
Jy’s die droom in my dag
Die verlange snags
Dromerman
Jy’s my droom bewaarheid!
jubel juig
gooi ‘n blaar in ‘n stroom
trippel dans
onder blommekrans
staan ek aan my toutjies
reg om te dans op elke beweging van jou hande
elke dag laat jy my aan die toutjies dans
tot eendag dat jy my hoog op die kas gegooi
en vergeet
te lank was ek jou toutjiepop
noudat die toue gebreek,
kan ek nie op my eie dans
nou’s ek ‘n marionet
in die hande van my emosies
hoe kan ‘n vlerklose engel vlieg?
waarnatoe gaan die engel dan?
wat doen die engel dan?
Die Heer weet alleen.
kan ‘n hartverlore persoon nog liefhê?
voortbestaan?
en aangaan?
Die Heer weet alleen,
En die tyd sal leer.