Category

Gedigte

Category

Dood tref die familie –
hartstilstand en stilte

swart kringe om die oë
grys kringe om die mond
somber kleure aan die hand

stil is sy stem
veraltyd

verdwaas maal almal saam om die oop donker gat

stadig sak die kis
in die pens van die aarde
om sy vonds tot stof
te laat terugkeer

Moederstad,
raas met jou kind
waarop die meeue sweef
en jou besoekers steier.

Is jou kind dan siek,
toegewoel in ‘n wit kombers?
Al daardie medisyne,
troos dit darem?

Jou badwater is sout
en jy’t te veel speelgoed daarin.

en die kasarm van ‘n kasteel,
dra jy dit met trots –
maar is dit nie swaar?

soos ‘n Modjajipalm troon sy majestueus.
‘n Bosreus.
‘n See van takke wat uitreik
‘n Hand vol liefde in elke aanraking of gebaar
– net vir jou!

soms lyk sy skurf en vol dorings,
maar binne, lewe sy, groei sy
– net vir jou!

anderkere word sy rondgeswaai in die wind,
maar sy is verdraagsaam
en bly staan.

Wanneer die son fel neerpyn,
is sy ‘n sonsambreel.
en as ‘n warm traan neerplof
vee sy teer oor ‘n sproetgesig

Soveel omgee is in haar
Dat sy ‘n lang lewe streef.
Deur dor of oorvloed jare
staan sy by ‘n jong Modjadji

einde van die maand.

inkopies by picknpay.coza / tuisaflewering
kliek-kliek
banksake by twenty20.coza / geen fisiese takke
kliek-kliek
sosiale kalender by IOL
kliek-kliek
gesels met vriende / kollega langsaan
kliek-kliek

einde van ‘n interaktiewe maand
kliek.