Die plek waar bloubloed nog regeer
waar kerke nog toeriste trek
en ‘n sambreel jou vergesel
waar ondergrondsetreine jou karwei
en mense suur lyk
dis Londen,
plek van Big Ben
en die Teems
Pas geland uit Afrika
met nuwe paspoort in die hand
klim ons op ‘n trein na Londen stad
Verkyk my aan die paleis, Oog van Londen
Vergryp my aan Starbucks
en tel my engelse ponde vir geskenke uit die vreemde
Die reën verbaas my
geen wonder die mense lyk so grys en suur
My eerste proe
van ‘n vasteland oorkant die see