Gedigte

Parys

Pinterest LinkedIn Tumblr

Dis soos ‘n lied
Om te stap in groot Parys

Die Eiffel op te ry
met hysbakke waardeur jy ver kan sien
Prente van bo te neem
oor wit landskap
Te voel hoe yster tril

Die Louvre gevul tot barstens
Mona Lisa so mooi
met haar klein glimlagmond
als onvervangbaar wondermooi

In strate langs die Sein
staan smouse met oorlogstrommels
parysenaars sit in rye na jou gedraai
vergaap hul aan mengelmoestoerisgemaal

https://instagram.com/p/BQVrvhUFUY-/

Susann is a travel, parenting, beauty and lifestyle blogger in Johannesburg, South Africa.

Write A Comment