Jy dink jy weet alles,
want jy het dit mos gesien op TV,
tot jy daar staan, reg voor Stonehenge
en sien
dis groter
en veel meer
as wat jy ooit kon droom
Die stene staan hoër as jou huis
en is swaarder as jou kar
dis soos ‘n bullseye op ‘n groen tapyt
groot
Klipkolomme wat al om die son beweeg
speel met die skadus
mense laat wonder
oor wat hul daar maak